Appel


Christoph Kotze, dalk beter bekend onder sy verhoognaam as Appel, is gewis een van die land
se bedrywigste en gewildste kontemporêre Afrikaanse liedjieskrywers. Bekende kunstenaars soos Theuns Jordaan, Karlien van Jaarsveld, EDEN, Bok
Van Blerk, Laurika Rauch en Dewald Wasserfall kan almal getuig van sy slag met woorde en musiek en het al liedjies uit sy pen opgeneem. Sy komposisies het al talle toekennings ingepalm, onder andere die gesogte Ghoema vir Liedjie van
die Jaar vir EDEN se
“Superhero.” Hy het ook die titelsnit uit die rolprent “Somer Son” geskryf en gesing en die liedjie het die trefferslyste van vele radiostasies uitgeklim.

Wanneer mens hom pols oor sy musiek, vertel Appel dat sy passie vir musiek op ‘n baie jong ouderdom begin het. Sy ma het kitaar vir hom gespeel toe hy nog in die baarmoeder was en hy het grootgeword in ‘n huis waar daar altyd musiek was. Toe hy hoërskool betree het, het hy self die kitaar opgetel en die res is, soos hulle sê, geskiedenis. Appel is deel van
die Inhoud Huis liedjieskrywerspan en het onlangs sy debuutalbum, “Lei my na die water,” bekendgestel, ‘n CD gevul met 18 liedjies waaronder die titelsnit.

Nou, nadat Appel vir jare lank reeds in
die voorprogram vir kunstenaars soos Theuns, Nianell en Koos Kombuis by feeste s oos Aardklop, Innibos en die Rittelfees opgetree het, kan hy die kollig in eie reg steel . Sy musiekstyl word as kontemporêre “folk-musiek” beskryf en sy liedjies spreek tot die siel en mens se emosies met ‘n ritme wat goed op die oor val.

Sy splinternuwe album “Boer Loop Deur My Are” is einde Maart in 2018 vrygestel en díe enkelsnit sowel as die musiekvideo klim tot heel bo aan verskeie Afikaanse ranglyste. Die media bestempel “Boer Loop Deur My Are” as die liedjie van die jaar en die album word binne enkele dae die top digitale verkoper op Apple music.

Tydens die KykNET Ghoema toekennings stap Appel met die beste musiek video titel weg vir sy Appel Trilogie Musiekvideo – Lei my na die water, Kom en lê my neer en Vroumens. Appel is tans besig om die land plat te toer so maak seker jy bespreek sommer vandag nog sy vertoning wat beloof om die gehoor met musikale pitkos te beloon.

Vir Besprekings kontak:

FLAGSHIP PRODUCTIONS
012 111 0158. Bookings@flagshipproductions.co.za

Facebook
Twitter
Instagram