Jan Bloukaas


Sy debuut-album, LEWE, is in Mei 2018 vrygestel. Die album bevat vyftien splinternuwe oorspronklike werke deur hierdie talentvolle jong man. Dit is ’n kombinasie van komiese partytjiemusiek, vermeng met ’n tikkie nostalgie en kommentaar oor die lewe en grootword, en beloof om aanhangers en kritici se stoutste verwagtinge te oortref. Die musiek video van die nuwe liedjie DESEMBER is al meer as amper 200 000 keer gekyk op youtube na net 3 maande.

Bloukaas toer die land plat, en kry die partytjie behoorlik aan die gang. Van Varkfees tot by Skool Met Die Beste Gees is Bloukaas die perfekte toevoeging tot jou funksie se sukses.

Jan Bloukaas se musiek is vol humor, vernuwend, vars en vermaaklik.
Met sy nuwe album, LEWE, en nuutste vrystelling, DESEMBER, gaan hy nie net die musiekwêreld op sy kop kom draai en die jonger generasies gaande hê nie, maar ook vir homself ’n permanente plek in die Afrikaans musiekbedryf vestig.

Vir besprekings kontak:
FLAGSHIP PRODUCTIONS
012 111 0158 | Bookings@flagshipproductions.co.za

Facebook
Twitter
Instagram